top of page

WIE IS ONS?

Ons glo dat ons hier in die Karoo-dorpie, Graaff-Reinet, vergader, beskerm en onderhou word deur God self. Ons onderskryf die Drie Formuliere van Eenheid: Die Nederlandse Geloofsbelydenis, Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreels. Jesus Christus roep ons deur Sy Gees en Woord om as 'n eenheid Hom, ons mede-gelowiges en die gemeenskap te dien met die gawes wat Hy gee. Ons doen dit met oorgawe en blydskap, met die oog gerig op die dag wat ons weer ons Heiland sal sien, net soos Hy opgevaar het, as Hy weer kom!

  • googlePlaces
  • facebook
  • youtube
  • iTunes

DIE DRIE "G'S" VAN VAN ONS GEMEENTE

GELOOF

Ons as gemeente is die gemeenskap van gelowiges. Geloof maak ons deel van die liggaam van ons Here Jesus Christus en Hy is ons Hoof. Deur geloof in Jesus Christus is ons salig. In die gemeente is dit belangrik dat u eie verantwoordelik neem om te groei in u lewe as gelowige (Ef. 2:8,9).

GAWES

Deur die geloof, kry ons deel aan al Christus se skatte en gawes. Hierdie gawes gee die Heilige Gees aan elkeen (sonder uitsondering!) wat deel is van Christus se liggaam. Met hierdie gawes moet ons mekaar in die gemeente bedien.

GEDRAG

Onder geen omstandighede ag ons onsself sondeloos nie. Inteendeel. Ons is ‘n gemeente wat daagliks stry teen ons gebrokenheid. Die Here is koning oor ons lewe en Hy vereis dat ons, ons ook soos Konings-kinders gedra. Terwyl ons rus in Christus en Sy volmaakte verlossingswerk, wil en moet ons gehoorsaam wees aan die Here en Sy wet: daardeur lééf ons, ons liefde vir God en liefde vir ons naaste (Ef. 5,6).

WAT GEBEUR TYDENS 'N EREDIENS?

Eredienste is elke Sondagoggend om 09h30 in die kerkgebou (h/v Middel & Bourkestr, Graaff-Reinet).

Almal is hartelik welkom!

Iets wat dalk vir jou vreemd of nuut kan wees, is die verloop van die eredienste. Die verloop van die erediens noem ons die “liturgie” (=antwoord van die volk) en behels onder andere die volgende:


Voorafsang
Gewoonlik het ons voor die erediens ‘n geleentheid om saam te sing. Dit is ook ‘n geleentheid om nuwe Psalms & Skrifgetroue liedere te leer ken. 


Votum & Groetseën
Die votum is die geleentheid in die erediens waar ons, ons afhanklikheid van die Here verklaar. Die groetseën is die Here wat deur die Woordbedienaar Sy gemeente seën met woorde wat uit die Bybel kom. 


Sang-geleenthede
Met elke lied wat ons sing, antwoord ons op iets wat die Here vir ons gedoen het. Sang is die manier waarop ons in die erediens met die Here en met mekaar kommunikeer (Kol. 3:16).


Indien u ‘n Psalmboek benodig – kontak asb. die skriba of die kerkkantoor.


Gebede
Vanselfsprekend is dit die geleentheid in die erediens waar ons saam, onder leiding van die Woordbedienaar tot God bid. Dit is die mans se eie keuse of hulle tydens gebede wil sit of staan.

 

Prediking
Die prediking is die gebeurtenis in die erediens, waar die Skrif vir die gemeente uitgelê word. Ons word daardeur vertroos, vermaan en toegerus vir ons daaglikse roeping.  Die prediking is hoofsaaklik die geleentheid waar ons vanuit die Skrif opgeroep word tot geloof in, en bekering tot, God Drie-Enig. 

 

Indien u ‘n Bybel benodig – kontak asb. die skriba of die kerkkantoor.


Liefdegawes
In die erediens is daar geleentheid om barmhartigheid te betoon. Die kollektes word deur die diakonie bestuur en aangewend. Die geleentheid of instansie waarvoor elke kollekte gebruik word, word elke Sondag afgekondig. 
Enige navrae oor die kollektes of die gemeente se finansies kan met groot vrymoedigheid aan jou diaken, die kassiere of skriba gerig word.


Wegstuurseën
Die seën aan die einde van die erediens is dalk die einde van die erediens, maar daarmee stuur die Here ons uit in die wêreld in, om met ons lewens-erediens aan te gaan en vir Hom te leef. 

 

WIL JY 'N LIDMAAT WORD?

Vul asb. hierdie inligtingsvorm in en kontak die kerkkantoor om by die gemeente in te skakel!

ANDER BEDIENINGE

Scriptura

Ons gemeente is ook betrokke by 'n internet en aanlyn bediening, genaamd Scriptura. Dit is 'n Gereformeerde blog en potgooi. 

Perspektief:  Januarie 2025

Perspektief: Januarie 2025

Aanbieders: Marnix Boersema, Jonker Venter, Jan-Louis Leee en Jaco de Beer Mag ons onder enige omstandighede iets vat wat nie aan ons behoort nie, en het grondonteiening sonder vergoeding 'n bybelse basis? Wat is ons verantwoordelikheid as bewoners en rentmeesters van die aarde, en aan wie behoort dit alles? Tydens president Donald Trump se inhuldiging het die vroulike biskop, Mariann Budde, 'n teologiese oproep met 'n politieke ondertoon gedoen wat die WOKE beweging, bevrydingsteologie en feminisme duidelik ondersteun. Kan emosionele drogredenasies die ongeregtighede van humanisme laat seëvier? Daar is parallelle lyne te trek tussen hierdie twee onderwerpe. Wat is die kerk se sentrale taak teenoor regerings? Wat staan mense te doen wat hulself in die spervuur bevind van onreg wat dreig om hul lewens te verwoes? Herken ons die WOKE beweging se motiewe? 02:00 Temas: 1) Grondonteiening sonder vergoeding 2) Biskop Mariann Budde vra genade oor ongeregtigheid by Trump inhuldiging 03:30 Mag die staat grondonteiening sonder vergoeding doen? 06:40 Wat is die bybelse perspektief? 11:15 Wie is die ware eienaar van alle grond? 15:00 Burgery, troos, verbond en rentmeesterskap 19:00 Aan wie is die aarde belowe? 23:20 Biskop Budde se WOKE pleidooi om genade vir ongeregtigheid 27:50 'n Vrou op die kansel - en sy hou nie die bybel voor nie 33:00 Teologiese oproep met 'n politieke ondertoon 35:15 Bevrydingsteologie en feminisme Skrifverwysings: Ps 24, Gen 12, Ps 8, Matt 5, Gen 23, Rut, Eks 20, Spreuke 28, Miga 2, Spreuke 29:4, Rom 13, 1 Kon 21 Skakels: Biskop Mariann Budde pleidooi: https://youtu.be/2fSphED1VYo?si=-gg3NaheR-Jo3KMv Web skakel: https://www.scriptura.co.za/2025/02/perspektief-januarie-2025/ Maak gerus 'n donasie via SnapScan: https://pos.snapscan.io/qr/-NgqDbFq Teken in op ons YouTube kanaal — https://www.youtube.com/c/scriptura Luister na Radio Scriptura op Apple Podcast — https://podcasts.apple.com/za/podcast... Besoek ons webblad — www.scriptura.co.za Like ons blad op Facebook — https://facebook.com/scripturaweb Epos ons, of stuur jou vrae na — info@scriptura.co.za Scriptura is 'n Gereformeerde blog & podsending, met 2 Timoteus 3 v.16, 17 as ons fokus: "Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus."
Nuwe dissipels reeks:  Wat is 'n Christen

Nuwe dissipels reeks: Wat is 'n Christen

Aanbieders: Marnix Boersema, Jonker Venter, Gerhard van Rhyn, Jaco de Beer Daar kom toenemend mense tot bekering wat nie in tradisionele gereformeerde verbondshuise opgegroei het nie, en die getalle van gereformeerde verbondskinders neem toenemend af. Lidmate van kerke het vandag ook nie meer dieselfde vlak van bybelkennis as vroeër nie. Die fokus van hierdie reeks is dus die kernsake van die christelike geloof. Wat is daardie kernsake van die christelike geloof volgens die apostoliese geloofsbeleidenis? Hoe lyk ons christen landskap deesdae, en wat ontbreek? 01:26 Dissipelskap vir nuwe gelowiges 06:00 Hoe lyk hedendaagse nuwe gelowiges? 20:10 Wat is 'n christen? 25:00 Wedergeboorte 32:40 Genade in praktyk Skrifverwysings: Rom 10:9, Rom 1:18-19, Hand 4:13, Luk 9:23 https://www.scriptura.co.za/2025/01/nuwe-dissipels-wat-is-n-christen/ Maak gerus 'n donasie via SnapScan: https://pos.snapscan.io/qr/-NgqDbFq Teken in op ons YouTube kanaal — https://www.youtube.com/c/scriptura Luister na Radio Scriptura op Apple Podcast — https://podcasts.apple.com/za/podcast... Besoek ons webblad — www.scriptura.co.za Like ons blad op Facebook — https://facebook.com/scripturaweb Epos ons, of stuur jou vrae na — info@scriptura.co.za Scriptura is 'n Gereformeerde blog & podsending, met 2 Timoteus 3 v.16, 17 as ons fokus: "Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus."
Perspektief: November 2024
Die weg van almal op aarde:  Die nuwe hemel en aarde

Die weg van almal op aarde: Die nuwe hemel en aarde

Aanbieders: Gerhard van Rhyn, Marnix Boersema, Jaco de Beer Is die hemel ons eindbestemming? Watter troos skep ons uit die feit dat die ewige lewe werklik vir gelowiges bestaan? Gaan daar herskepping of vernietiging plaasvind? Wat gaan op die nuwe aarde wees en wat nie? Gaan Jesus in Sy fisiese liggaam by ons wees? Is die ewige lewe net 'n soort toestand of 'n werklikheid? Hoe rig die nuwe hemel en aarde ons lewe nou? 01:27 Inleiding vanuit Openbaring 21 06:10 Geestelike of 'n werklike nuwe skepping? 12:00 Wat gaan op die nuwe aarde wees en wat nie? 21:12 Wat gaan ons op die nuwe aarde doen? 27:20 God gaan oorspronklike menswees herstel 32:05 Hoe rig die nuwe hemel en aarde ons lewe nou? 36:00 Leef met ewigheid in gedagte Skrifverwysings: Open 21 en 22, 1 Kor 2:9, Rom 8:20-22, 1 Kor 15, 2 Pet 3:6-7, Jes 65:17-23, Heidelbergse kategismus Sondag 22 - vr en antw 58, 1 Kor 3, 1 Kor 13, Gen 28, Deut 29:29, Ps 90, 2 Pet 3:13-14, 1 Joh 2:2-3, 1 Tim 6:12 Webskakel: https://www.scriptura.co.za/2024/11/die-weg-van-almal-op-aarde-die-nuwe-hemel-en-aarde/ Maak gerus 'n donasie via SnapScan: https://pos.snapscan.io/qr/-NgqDbFq Teken in op ons YouTube kanaal — https://www.youtube.com/c/scriptura Luister na Radio Scriptura op Apple Podcast — https://podcasts.apple.com/za/podcast... Besoek ons webblad — www.scriptura.co.za Like ons blad op Facebook — https://facebook.com/scripturaweb Epos ons, of stuur jou vrae na — info@scriptura.co.za Scriptura is 'n Gereformeerde blog & podsending, met 2 Timoteus 3 v.16, 17 as ons fokus: "Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus."
Die weg van almal op aarde:  Die laaste oordeel

Die weg van almal op aarde: Die laaste oordeel

Aanbieders: Marnix Boersema, Gerhard van Rhyn en Nikolaas Pienaar Kom Jesus werklik weer terug om te oordeel? Moet elkeen nog verskyn voor die regverdige Regter? Wanneer gaan Jesus weer kom, en kan ons die tekens van die wederkoms in die onrus rondom ons sien? Is daar nog sonde wat aan ons geopenbaar gaan word, en wat is die boeke van ons gewetens? Wat kan gelowiges verwag met die wederkoms van Christus? Wat gaan gebeur met die ongelowiges op daardie dag? Maak dit dan nog saak hoe ons leef, of is daar nog 'n tweede kans om reg te maak met God? 02:38 NGB artikel 37 - die laaste oordeel 03:20 Oorsig 05:37 Hoe moet ons dink oor die wederkoms? 11:29 Sondag 19 van HK 14:12 Troos en roeping 15:20 Almal verskyn voor die groot Regter 21:00 Is die wederkoms 'n tweede kans? 25:45 Wat gebeur met ons sondes? 29:00 Wat word van die ongelowiges? 33:33 Wat bring die oordeel van die Here mee? Skrifverwysings: NGB Art 37, 2 Pet 1:16-?, Sondag 19 van HK, Ef 4:14, Hand 17:31, Rom 14:12, Matt 12:36, Westminster Catechism art 33, Kol 2:13-14, Op 20, Matt 25. https://www.scriptura.co.za/2024/10/die-weg-van-almal-op-aarde-die-laaste-oordeel/ Maak gerus 'n donasie via SnapScan: https://pos.snapscan.io/qr/-NgqDbFq Teken in op ons YouTube kanaal — https://www.youtube.com/c/scriptura Luister na Radio Scriptura op Apple Podcast — https://podcasts.apple.com/za/podcast... Besoek ons webblad — www.scriptura.co.za Like ons blad op Facebook — https://facebook.com/scripturaweb Epos ons, of stuur jou vrae na — info@scriptura.co.za Scriptura is 'n Gereformeerde blog & podsending, met 2 Timoteus 3 v.16, 17 as ons fokus: "Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus."
bottom of page